Ons spyskaart het iets vir almal op!

Jan se Spyskaart

Ons kos is vingerleklekker. Ons het vrygewige porsies en elke dis word met die beste bestanddele gemaak. Die spyskaart is saamgestel met een doel voor oë – om jou mond te laat water.
SPESIALE KEUSE

Van ons spyskaart

Ons spog met ‘n verskeidenheid topklas items op ons spyskaart. Hier is ‘n paar van ons gunstelinge.
Ontbyt

Setlaars Ontbyt

Jan se ontbyt is legendaris. Kom geniet ons Setlaars Ontbyt! 2 eiers, 2 repies spek, 2 kaasworsies, 2 "hash browns", porsie skyfies en roosterbrood
lig en gesond

Hoenderslaai

Lus vir iets lig en gesond? Bestel ons gebraaide of gekrummelde hoenderrepies slaai met feta, peppadews en ‘n heerlike slaaisous.
Smaaklik en Gerieflik

Jan se Bredie

Heerlike sag gekookte bief bredie bedien met pap of mash en ‘n smaaklike sous. Regte Sondagmiddag kookkos wat jy enige dag van die week kan geniet.
beter as jou vrou s'n

Braaibroodjies

Kan as bykos saam enige hoofmaaltyd bestel word. Of as ‘n roosterbroodjie met die keuse van wit of bruinbrood bedien met skyfies of slaai. Ons braaibroodjies is beter as jou vrou sin.
Bykosse

Jan se Versnapper-Happies is gemaak om te deel!

Ons het ‘n verskeidenheid disse wat jou mond gaan laat water.
nagereg

Belgiese Wafel met Bar-One Sous en Roomys

Die lekkerste nagereg! Ons waffels is groot, vars en liplekker.